Geskiedenis voorbeeld van take vir


GESKIEDENIS VOORBEELD VAN TAKE VIR



Download 2.29 Mb.
Page2/8
Date09.11.2016
Size2.29 Mb.
#1247
1   2   3   4   5   6   7   8

GESKIEDENIS


VOORBEELD VAN TAKE VIR

SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SBA)



GRAAD 12



INHOUD

BLADSY

1. INLEIDING 2

2. PROGRAM VAN ASSESSERING 3

3.1 KWARTAAL 1 4

3.1 TAAK 1: BRONGEBASEERDE OF OPSTELVRAE)

3.1.1 BRONGEBASEERDE VRAE EN NASIENRIGLYNE 5

3.1.2 OPSTELVRAE EN NASIENRIGLYNE 17

3.2 TAAK 2: NAVORSINGSTAAK 22

3.3 TAAK 3: GESTANDAARDISEERDE TOETS EN NASIENRIGLYNE 31

4. KWARTAAL 2 49

4.1 TAAK 4: BRONGEBASEERDE OF OPSTELVRAE

4.1.1 BRONGEBASEERDE VRAE EN NASIENRIGLYNE 50

4.1.2 OPSTELVRAE EN NASIENRIGLYNE 62

5. KWARTAAL 3

5.1 TAAK 6: GESTANDAARDISEERDE TOETS EN NA

SIENRIGLYNE 67

6. RIGLYNE VIR DIE OPSTEL VAN BRONGEBASEERDE VRAE 84

7. VOORSTELLE VIR DIE STEIERING VAN LEER TER

VOORBEREIDING VIR SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING

STAKE. 89

8. ADDISIONELE LEER- EN ONDERRIGONDERSTEUNGSMATERIAAL 103

1. INLEIDING

Die doel van hierdie voorbeelddokument is om vir Graad 12 Geskiedenis-opvoeders te voorsien van ’n stel gestandaardiseerde take vir skoolgebaseerde assessering (SBA) wat voldoen aan die vereistes van die Geskiedenis Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring-dokument (KABV).



Buiten die voorbeelde van SBA-take, sal die volgende aspekte in hierdie dokument gedek word:

  • Hoe om ’n navorsingstaak te beplan en struktureer.

  • Hoe om met historiese Bronne te werk om Brongebaseerde vrae op te stel.

  • Hom om onderrig te steier sodat leerders voorberei is om skoolgebaseerde assesseringstake te beantwoord.

  • Waar om addisionele leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM) te vind.

Daar word beoog dat hierdie dokument opvoeders van hulp sal wees deur te verseker dat:

  • ’n Algemene standaard van SBA-take opgestel word, soos voorgeskryf in die KABV-dokument.

  • Gehalte-onderrig en -leer van VOO – Graad 12 Geskiedenis in alle skole in die Wes-Kaap bevorder word.

Voordat die take vir skoolgebaseerde assessering vir Graad 12 Geskiedenis-leerders beplan en opgestel word, moet alle opvoeders hulself vergewis van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring-dokument (KABV). Afdeling 3, bl. 25-31 bevat die inhoud wat in Graad 12 onderrig moet word en afdeling 4, bl. 32-52, behandel die kwessie van formele en informele assessering. Die KABV-dokument is van u Kurrikulumadviseur verkrygbaar of kan afgelaai word van

  • http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=BORrjecnGms%3d&tabid=420&mid=1216 (Engelse weergawe)

  • http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=%2fPhMxThYj%2b8%3d&tabid=420&mid=1939 (Afrikaanse weergawe)

Let wel: Daar word verwag dat die DBO aan die begin van 2014 n eksamensillabus en -voorbeeld sal versprei. Hierdie Wes-Kaapse Onderwysdepartement se voorbeeld van take vir skoolgebaseerde assessering (SBA) bevat dus nie voorbeelde vir die Graad 12 Junie- en September-eksamens nie.


2. PROGRAM VAN ASSESSERING
Graad 12 Program van assessering en gewigstoekenning van take


Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

3 Take

2 Take

2 Take







  • Brongebaseerde taak (of opstel; leerders moet een van elk doen)

(50 punte / 5%)


  • Navorsingstaak (kan ook in die tweede kwartaal gedoen word)

(100 punte / 20%)


  • Gestandaardiseerde toets, wat ’n Brongebaseerde afdeling en ’n opstel insluit (ideaal om beide afdelings tegelyk te toets)

(100 punte / 10%)




  • Opsteltaak (of Brongebaseerde taak: leerders moet een van elk doen)

(50 punte / 5%)


  • Halfjaarlikse eksamen

(2 vraestelle van 2½ uur)

2 onderwerpe van elke vraestel moet in Junie geëksamineer word; vier vrae in elke vraestel: 2 opstelle en 2 Brongebaseerde vrae; leerders beantwoord 2 vrae, 1 opstel en 1 Bron-gebaseerde vraag in elke vraestel

(200 punte / 20%)





  • Gestandaardiseerde toets, wat ’n Brongebaseerde afdeling en ’n opstel insluit (ideaal om beide afdelings tegelyk te toets)

(100 punte / 10%)


  • September-eksamen

(2 vraestelle van 3 uur – in die formaat van ’n eksterne eindeksamen)

(300 punte / 30%)






  • Eksterne eind-eksamen

25% van totale jaarpunt = 100 punte

75% van totale jaarpunt = 300 punte

(Verwys na bl. 36 en 39 in die KABV-dokument)
3. KWARTAAL 1


3 TAKE




  • Brongebaseerde taak (of opstel; leerders moet een van elk doen)*

(50 punte / 5%)


  • Navorsingstaak (kan ook in die tweede kwartaal gedoen word)

(100 punte / 20%)


  • Gestandaardiseerde toets, wat ’n Brongebaseerde afdeling en ’n opstel insluit (ideaal om beide afdelings tegelyk te toets)

(100 punte / 2 uur / 10%)

TAAK 1

TAAK 2
TAAK 3

* Indien leerders ’n Brongebaseerde taak in Kwartaal 1 skryf, moet hulle ’n opstelvraag in Kwartaal 2 skryf (en omgekeerd).
Opvoeders sal in Kwartaal 1 waarskynlik inhoud van Onderwerp 1-3, Taak 1 moet dus vraag uit die volgende lys bevat.


Brongebaseerde vrae

Opstelvrae

Onderwerp 1:

Die oorsprong van die Koue Oorlog



Onderwerp 1:

Gevallestudie: China of Viëtnam*



Onderwerp 2: Gevallestudie: Angola

Onderwerp 2: Vergelykende gevallestudie: Kongo en Tanzanië

Onderwerp 3: Swartmagbeweging of Burgerregtebeweging**

Onderwerp 3: Burgerregtebeweging of Swartmagbeweging**

*Verwys na die KABV-dokument, bl. 45.



Opvoeders moet aan die begin van 2014 met hul Kurrikulumadviseur bevestig watter gevallestudie in die eindeksamen geëksamineer sal word.
**In Onderwerp 3 moet leerders NIE ’n opstelvraag en ’n Brongebaseerde vraag oor dieselfde gevallestudie beantwoord nie.

(Met ander woorde, as hulle ’n opstel oor die Burgerregtebeweging skryf, moet hul Brongebaseerde vraag oor die Swartmagbeweging geskryf word en omgekeerd.


3.1 BRONGEBASEERDE VRAE EN NASIENRIGLYNE

Hierdie afdeling bevat een voorbeelde van Brongebaseerde vrae en nasienriglyne vir onderwerpe wat in Kwartaal 1 gedek kan word.



  • Onderwerp 1: Die Koue Oorlog (USSR en VSA en die vorming van belangesfere)

En
Een voorbeelde van opstelvrae en nasienriglyne vir onderwerpe wat in Kwartaal 1 gedek kan word. Dit sluit in:



  • Onderwerp 1: Die Koue Oorlog (Gevallestudie: Viëtnam)

3.1.1 BRONGEBASEERDE VRAE EN NASIENRIGLYNE
ONDERWERP 1: DIE KOUE OORLOG
WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES OP DIE UITBREIDING VAN DIE KOMMUNISTIESE INVLOED IN OOS-EUROPA NA 1945?
1.1 Verwys na Bron 1A
1.1.1 Volgens Churchill in Bron 1A, watter land was aan die einde van

die Tweede Wêreldoorlog in 1945 die magtigste in die wêreld? (1 x 1) (1)


1.1.2 Watter inligting in Bron 1A help verduidelik waarom Winston

Churchill “sterk bewondering” en “agting” vir die Russiese volk

gevoel het? (1 x 2) (2)
1.1.3 Verduidelik wat Churchill bedoel met die woord “ystergordyn”

in die konteks van na-oorlogse Europa. (2 x 2) (4)


1.1.4 Waarom het Churchill geglo dat die “ystergordyn” in Europa

’n bedreiging vir wêreldvrede ingehou het? (2 x 2) (4)


1.1.5 Wat, volgens Churchill, wou die Sowjet-Unie na die Tweede

Wêreldoorlog met hulle buitelandse beleid bereik? (2 x 1) (2)


1.2 Raadpleeg Bron 1B
1.2.1 Verduidelik in jou eie woorde die vergelyking wat Stalin in

Bron 1B tussen Hitler en Churchill se “rassistiese teorie” maak. (1 x 3) (3)


1.2.2 Kies TWEE stukke inligting uit Bron 1B wat help verduidelik

waarom Churchill sê dat die Britse mense “diepe simpatie” vir die

Russiese volk aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog voel. (2 x 1) (2)
1.2.3 Hoe het Stalin die verlies van Sowjet-lewens in die Tweede

Wêreldoorlog gebruik om die uitbreiding van hul invloedsfeer

in Oos-Europa te regverdig? (1 x 3) (3)
1.2.4 Gee enige TWEE redes waarom, volgens Stalin, die invloed van kommunisme tydens die oorlogsjare in Oos-Europa gegroei het. (2 x 2) (4)

1.3 Bestudeer Bron 1A en 1B


1.3.1 Skryf ’n paragraaf van ongeveer 60 woorde waarin jy verduidelik

waarom ’n historikus dit nuttig sal vind om sowel Bron 1A as Bron 1B

te bestudeer wanneer die uitbreiding van die kommunistiese invloed

na 1945 in Oos-Europa ondersoek word. (6)

1.4 Lees Bron 1C
1.4.1 Wat was Truman se mening oor die uitbreiding van die

kommunistiese invloed in lande soos Pole, Roemenië en

Bulgarye? (2 x 2) (4)
1.4.2 Watter politieke stelsel word in die beklemtoonde gedeelte

van Bron 1C beskryf? (1 x 2) (2)


1.4.3 Onttrek DRIE eienskappe van ’n totalitêre staat wat in Bron 1C

geïdentifiseer word. (3 x 1) (3)


1.5 Raadpleeg Bron 1B en 1C
1.5.1 Vergelyk Truman se verduideliking van die uitbreiding van die

kommunistiese invloed in Oos-Europa (Bron 1C) met Stalin se

verduideliking van dieselfde proses (Bron 1B). (2 x 2) (4)
1.6 Bestudeer Bron 1D
1.6.1 Skryf ’n paragraaf van ongeveer 60 woorde waarin jy bespreek of die spotprent in Bron 1D ’n betroubare verduideliking is van die uitbreiding

van kommunistiese invloed in Oos-Europa na die Tweede Wêreldoorlog. (6)


[50]

WHAT WERE THE DIFFERENT RESPONSES TO THE SOVIET’S EXPANSION OF THEIR SPHERE OF INFLUENCE INTO EASTERN EUROPE AFTER 1945?
BRON 1A

Hierdie is ’n uittreksel uit die toespraak deur Winston Churchill (Britse premier tydens die oorlog) op 5 Maart 1946 by Westminster College in Fulton, Missouri, VSA. Dit was die eerste keer dat die begrip “ystergordyn” gebruik is om die skeiding tussen die Westerse magte en die gebied wat deur die Sowjet Unie beheer is, te beskryf.


Die Verenigde State staan op hierdie tydstip aan die toppunt van wêreldmag. Dit is ’n plegtige oomblik vir die Amerikaanse demokrasie... Dit is nodig dat standvastigheid van gees, bestendigheid van doel en die pure eenvoud van besluitneming die gedrag van die Engelssprekende volkere in die vredestyd sal beheer en lei, soos wat die geval in die oorlogtyd was. Ons moet, en ek glo ons sal, bewys dat ons aan hierdie ernstige vereistes kan voldoen.
Ek het ’n sterk bewondering en agting vir die dapper Russiese volk en vir my oorlogskameraad, Maarskalk Stalin. Daar is diepe simpatie en welwillendheid in Brittanje... teenoor die mense van al die Ruslande en ’n voorneme om deur baie verskille en teenslae vir die vestiging van blywende vriendskappe te volhard. Dit is egter my plig om sekere feite oor die huidige situasie in Europa aan julle oor te dra. Vanaf Stettin in die Baltiese See tot Triëst in die Adriatiese See het ’n ystergordyn oor die kontinent neergesak. Agter daardie lyn lê die hoofstede van die oeroue state van Sentraal- en Oos-Europa. Warskou, Berlyn, Praag, Wene, Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia; al hierdie beroemde stede en die bevolkings rondom hulle lê in wat ek die Sowjet-sfeer moet noem. Hulle is almal tot een of ander mate nie slegs aan Sowjet-invloed onderworpe nie, maar ook tot ’n baie hoë en in sommige gevalle, toenemende mate aan beheer uit Moskou onderworpe. Die veiligheid van die wêreld, dames en here, vereis eenvormigheid in Europa en geen nasie moet ’n permanente uitgeworpene daarvan wees nie. Dit is uit die getwis tussen die sterk stamrasse in Europa dat die wêreldoorloë wat ons gesien het, of wat in vroeër jare plaasgevind het, ontstaan het...
Ek glo nie dat Sowjet-Rusland oorlog wil hê nie. Wat hulle wil hê, is die vrugte van die oorlog en die onbepaalde uitbreiding van hul mag en leerstellings. Wat ons egter vandag hier moet oorweeg terwyl die tyd dit toelaat, is die permanente voorkoming van oorlog en die vestiging van voorwaardes vir vryheid en demokrasie so vinnig as moontlik in alle lande...
[Uit die Internet-webtuiste:http://www.fordham.edu/halsall/mod/churchill-iron.asp. Toegang verkry op 10 September 2013]
BRON 1B

Hierdie is ’n uittreksel uit “Stalin se antwoord aan Churchill” (geneem uit ’n onderhoud met die amptelike Sowjet-koerant Pravda), gepubliseer in die New York Times op 14 Maart 1946.


Die Duitse rassistiese teorie het Hitler en sy vriende tot die gevolgtrekking laat kom dat die Duitsers, as die enigste ten volle waardevolle nasie, oor ander nasies moet heers. Die Engelse rassistiese teorie laat mnr. Churchill en sy vriende tot die gevolgtrekking kom dat nasies wat die Engelse taal praat, synde die enigste ten volle waardevolle nasies, oor die res van die nasies van die wêreld moet heers....

As gevolg van die Duitse inval, het die Sowjet-Unie onherroeplik in gevegte met die Duitsers verloor, asook tydens die Duitse besetting en deur die uitsetting van Sowjet-burgers na Duitse slawe-arbeidskampe, sowat 7,000,000 mense. Met ander woorde, die Sowjet-Unie het baie meer mans verloor as wat Brittanje en die Verenigde State saam verloor het.


Dit mag wees dat sommige kringe probeer om hierdie opofferings van die Sowjet- mense, wat die bevryding van Europa uit die juk van Hitler verseker het, in die vergetelheid te stoot.
Maar die Sowjet-Unie kan hulle nie vergeet nie. ’n Mens kan dus vra, wat is vreemd oor die feit dat die Sowjet-Unie, in ’n poging om sy veiligheid vir die toekoms te verseker, probeer poog dat hierdie lande se regerings lojale verhoudings met die Sowjet-Unie moet hê? Hoe kan ’n mens, sonder dat jy jou verstand kwytgeraak het, hierdie vreedsame aspirasies van die Sowjet-Unie as “ekspansionistiese neigings” van ons regering kwalifiseer? . .
Mnr. Churchill verdraai die waarheid wanneer hy praat oor die groei van die invloed van die kommunistiese partye in Oos-Europa.... Die groei van die invloed van kommunisme kan nie as toevallig beskou word nie. Dit is ’n normale funksie. Die invloed van die kommuniste het gegroei, want gedurende die moeilike jare van die bemeestering van fascisme in Europa, het kommuniste hulself as betroubare, onverskrokke [brawe} en selfopofferende vegters teen fascistiese regimes vir die vryheid van mense bewys.
[Uit die Internet-webtuiste: http://www.fordham.edu/halsall/mod/1946stalin.html Toegang verkry op 10 September 2013]

BRON 1C

Hierdie is ’n uittreksel uit die Amerikaanse president, Harry S. Truman, se toespraak voor ’n gesamentlike sessie van die Kongres op 12 Maart 1947


Die mense van ’n aantal lande van die wêreld het onlangs totalitêre regimes teen hulle wil op hulle laat afdwing. Die regering van die Verenigde State het gereeld protes aangeteken teen dwang en intimidasie, in skending van die Yalta-ooreenkoms, in Pole, Roemenië en Bulgarye...
Byna elke nasie moet op hierdie tydstip van wêreldgeskiedenis tussen alternatiewe leefwyses kies. Die keuse is te dikwels nie ’n vrye een nie.
Een leefwyse is gegrond op die wil van die meerderheid en word gekenmerk deur vrye instellings, verteenwoordigende regering, vrye verkiesings, waarborge van individuele vryheid, vryheid van spraak en godsdiens en vryheid teen politieke onderdrukking.
Die tweede leefwyse is gegrond op die wil van ’n minderheid wat op die meerderheid afgedwing word. Dit berus op terreur en verdrukking, ’n gekontroleerde pers en radio; voorafbepaalde verkiesings en die onderdrukking van persoonlike vryhede.

Ek glo dat dit die beleid van die Verenigde State moet wees om ondersteuning te gee aan vry mense wat hulle teen gepoogde onderwerping deur gewapende minderhede of deur druk van buite verset.


Ek glo dat ons vry mense moet help om hul eie lot op hul eie manier te bepaal.

Ek glo dat ons hulp hoofsaaklik deur ekonomiese en finansiële bystand moet wees wat noodsaaklik vir ekonomiese stabiliteit en ordelike politieke prosesse is...


Die saad van totalitêre regimes word deur ellende en gebrek gevoed. Dit versprei en groei in die bose grond van armoede en onenigheid. Dit is volgroei wanneer ’n volk se hoop vir ’n beter lewe gesterf het. Ons moet daardie hoop aan die lewe hou.

Die vry volkere van die wêreld kyk na ons vir ondersteuning om hul vryheid te handhaaf.


As ons in ons leierskap wankel, kan ons die vrede van die wêreld in gevaar stel – en ons sal sekerlik die welsyn van ons eie land in gevaar stel.
[Uit die Internet-webtuiste: http://avalon.law.yale.edu/20th_century/trudoc.asp Toegang verkry op 10 September 2013]
BRON 1D

Hierdie spotprent was in 1948 deur die Britse spotprenttekenaar David Low geskets. Dit was in ‘n Britse koerant gepubliseer twee weke nadat kommuniste deur middle van ‘n staatsgreep beheer oor Tseggo-Slowakye oorgeneem het. Die man wat lanks Stalin staan is Molotov, die Sowjet minister van buitelandsesake. Die lande wat al klaar ‘bevvry’ is is Tseggo-Slowakye, Roemenië, Pole, Juggo-Slawye, Bulgarye, Finland en Albanië. Die foto op die lessenaar is die van die Vereenigde-State se Generaal Marshall wie se ekonomiese plan deaur Stalin van die hand gewyse is en Oos-Europa toegang tot die plan geweir is. Stalin vra vir Molotov, ‘Wie is die volgende on bevvry te word van vryheid kameraad?’.





Download 2.29 Mb.

Share with your friends:
1   2   3   4   5   6   7   8




The database is protected by copyright ©sckool.org 2022
send message

    Main page